Vrydag 30 Augustus 2013



   IS HERWINNING NOODSAAKLIK?



Alledaagse huishoudelike vullis raak net al hoe meer elke jaar, en die vullishope raak maar skraps. Lyk asof baie min mense wel bewus is van wat om hul gebeur as dit kom by vullis. Mense is so gewoont om net als in die vullisdrom te gooi dat dit eintlik skrikwekkend is.

Mense moet meer bewus gemaak word van herwinning, dit kan by skole ingetel word, alhoewel die meeste vullis net papiere is, sal dit ten minste al reeds 'n begin wees. Onderwysers kan leerders meer bewus maak van herwinnig tuis en hul aanmoedig om dit gerus te gaan probeer.

Dis baie maklik en eenvoudig. Leerders kan verskillende sakke gebruik of verskillende vullisdromme, soos die wat aangekoop kan word wat vir herwinning gebruik word. Al wat hulle dan moet doen is net om die vullis te skei voordat dit na die gewone vullisdrom gaan. Die vullis word gewoonlik verdeel in glas, papier, plastiek en blikkies, en die res gaan na die gewone drom. Die dromme kan dan buite gesit word vir die vullistrok om dit weg te neem. Die vullistrok sal net die swart drom skoonmaak, maar die man met die karretjie (vullisman) sal wel die ander dromme se inhoud neem. Omdat dit herwinbaar is sal hulle dit weer verkoop om sodoende aan die lewe te bly.


Maar dis nie waar herwinning stop nie. Die onderwyser kan ook aan leerders 'n projek gee om kompos te maak. Dis die gebruik van al die ander vullis soos groenteskille, eierdoppe, vrot vrugte en groente ens. Tuin vullis soos gras en blare word ook daarby gevoeg. Leerders kan 'n asblik, drom of gat in die grond gebruik vir hierdie projek. Hierdie kompos wat deur die leerders gemaak word kan dan weer in die tuin ingewerk word om sodoende voeding aan die plante te voorsien.

Eninge persoon kan help met herwinning, groot en klein. En hoe minder vullis na die vullisdrom gaan, hoe beter.

Herwinnig is noodsaaklik, nie net vir die mens en sy gesondheid nie maar ook om die ekosisteem te beskerm. Dis tog immers hoekom ons as mens geskape is om die aarde te bewerk en skoon te hou. Alhoewel ons dit partykeer vergeet.                                  

Hier is ook 'n baie interessante skakel waarop julle kan gaan kyk watter oulike idees daar beskikbaar is om items wat in en om die huis te herwin. Die hele familie van jonk na oud kan daarvan gebruik maak en dit kan 'n lekker familie aktiwiteit word.

http://pinterest.com/issiehugo/herwin-idees/

Geniet die herwinningsproses en onthou elke item wat jy herwin beskerm jy die planeet.