Vrydag 30 Augustus 2013



   IS HERWINNING NOODSAAKLIK?



Alledaagse huishoudelike vullis raak net al hoe meer elke jaar, en die vullishope raak maar skraps. Lyk asof baie min mense wel bewus is van wat om hul gebeur as dit kom by vullis. Mense is so gewoont om net als in die vullisdrom te gooi dat dit eintlik skrikwekkend is.

Mense moet meer bewus gemaak word van herwinning, dit kan by skole ingetel word, alhoewel die meeste vullis net papiere is, sal dit ten minste al reeds 'n begin wees. Onderwysers kan leerders meer bewus maak van herwinnig tuis en hul aanmoedig om dit gerus te gaan probeer.

Dis baie maklik en eenvoudig. Leerders kan verskillende sakke gebruik of verskillende vullisdromme, soos die wat aangekoop kan word wat vir herwinning gebruik word. Al wat hulle dan moet doen is net om die vullis te skei voordat dit na die gewone vullisdrom gaan. Die vullis word gewoonlik verdeel in glas, papier, plastiek en blikkies, en die res gaan na die gewone drom. Die dromme kan dan buite gesit word vir die vullistrok om dit weg te neem. Die vullistrok sal net die swart drom skoonmaak, maar die man met die karretjie (vullisman) sal wel die ander dromme se inhoud neem. Omdat dit herwinbaar is sal hulle dit weer verkoop om sodoende aan die lewe te bly.


Maar dis nie waar herwinning stop nie. Die onderwyser kan ook aan leerders 'n projek gee om kompos te maak. Dis die gebruik van al die ander vullis soos groenteskille, eierdoppe, vrot vrugte en groente ens. Tuin vullis soos gras en blare word ook daarby gevoeg. Leerders kan 'n asblik, drom of gat in die grond gebruik vir hierdie projek. Hierdie kompos wat deur die leerders gemaak word kan dan weer in die tuin ingewerk word om sodoende voeding aan die plante te voorsien.

Eninge persoon kan help met herwinning, groot en klein. En hoe minder vullis na die vullisdrom gaan, hoe beter.

Herwinnig is noodsaaklik, nie net vir die mens en sy gesondheid nie maar ook om die ekosisteem te beskerm. Dis tog immers hoekom ons as mens geskape is om die aarde te bewerk en skoon te hou. Alhoewel ons dit partykeer vergeet.                                  

Hier is ook 'n baie interessante skakel waarop julle kan gaan kyk watter oulike idees daar beskikbaar is om items wat in en om die huis te herwin. Die hele familie van jonk na oud kan daarvan gebruik maak en dit kan 'n lekker familie aktiwiteit word.

http://pinterest.com/issiehugo/herwin-idees/

Geniet die herwinningsproses en onthou elke item wat jy herwin beskerm jy die planeet.








2 opmerkings:

  1. Na my mening is besoedeling `n daad werklike probleem en herwinning is `n groot deel van die oplossing. Herwinning is ook `n noodsaaklikheid omdat ons natuurlike hulpbronne uitgeput word. As Christen gelowiges is dit ook ons opdrag om die aarde te bewerk en te bewaar en dus ook herwinning toe te pas.

    Almal kan bydra tot herwinnig, soos reeds genoem is. Huisgesinne, skole en besighede kan vullis in die vier hoof kategorië sorteer, nl. *Plastiek
    *Papier
    *Glas
    *Ander

    Dit is wel `n uitdaging om van die vullis ontslae te raak aangesien Suid-Afrika nie werklik ingestel is daarop om herwinning toe te pas nie. daar is wel herwinnings dromme by sommige winkelsentrums, skole en munisipale biblioteke.

    Herwinning kan `n pret aktiwiteit vir die hele gesin wees en huisgesinne kan selfs met mekaar kompeteer as aanmoedinging om produktief aan herwinning deel te neem.

    Wanneer ons almal ons deel doen sal die wêreld `n "groener" plek wees.

    AntwoordVee uit
  2. Ons verbruik en vermors die aarde se natuurlike kapitaal teen ‘n versnellende tempo en die afval wat gestort word op stortings-tereinne is net die punt van die ysberg. Suid-Afrikaners genereer 0,4-1,3kg afval per dag en 40-70% daarvan is herwinbare items.

    Die vervaardigingsprosesse vir al die produkte wat ons daagliks gebruik, genereer groot hoveelhede by-produkte wat as afval gestort word. Die meeste van die produkte wat ons gebruik word gemaak van nie-hernubare grondstowwe soos aluminium, plastiek (vanuit olie) en glas (van silika).

    Ons kan hierdie besoedeling en goedere wat ons net weggooi beter beheer. Daarvandaan die begrip herwinning..

    Herwinning dra by tot ‘n skoner, gesonder en groener Suid-Afrika vir ons, en ons nageslag.

    Herwinning is ook voordelig vir Suid-Afrika se ekonomie aangesien minder grondstowwe ingevoer moet word vir die vervaardigings-sektor. Verder skep herwinning geleenthede vir mense om ‘n inkomste te genereer en volhoubare werk te skep.

    Herwinning is tot jou voordeel. Ja dit gaan van jou verwag om bietjie moeite in te sit, maar hou ons planeet en jou nageslag in gedagte.

    Dink maar aan die volgende om net een van die voordele van herwinning prakties te maak:
    In plaas daarvan om jou groente- en vrugteskille in die asblik te gooi, werk dit as kompos by jou tuin in. Of gebruik al die plastiek koeldrankbottels om oulike houers vir nuwe plantjies te maak. Jy kan selfs afgesnyde plastiekbottels gebruik om pennehouers vir die skool as projek te maak.
    Daar bestaan duisende oulike idees vir die hergebruik van afval.

    Miskien het dit tyd geword dat elkeen van ons ons planeet in ag neem en 'n projek loods om afval te herwin en so ook ons kinders aan te spoor om weer hulle deel te doen vir die mensdom en die natuur wat so pragtig geskape is.

    AntwoordVee uit